My Songs:

Lizeth is passionate about music and writing original afrikaans songs. She bevlieves in balancing her life with the joy that her hobby brings to her life.

Artists can contact her by making use of the form below, if they are interested in making use of her songs.

Her first song that she wrote in collaboration with Pieter Swanepoel en Clive Ridgway has already been recorded by the new upcoming artist Celeste van Pletzen (and afrikaans music legend Lukas Maree) on her cd called Biesiesvallei.

 

Some of Lizeth's songs are recorded in the singer/songwriter style and can be listened to by clicking the on the song name in the top right corner. You can follow the words by clicking on the song name below.

Ek en Jy - Lyrics

(Opgeneem deur Celeste van Pletzen en Lukas Maree)

Trek die skoen aan as die skoen jou pas/Haak maar jou japon aan my kamerdeur vas
Kom lê by my lepel, kom lê in my sy/En wees vir altyd net hier naby my
Kyk na die hemel en kyk na die son/Stap in die klowe waar die madelief blom
Kom vat my hand, dat ons lag in die wind/Dis dan wanneer ons mekaar weer vind
Jy – jy moet my lewe opbeur/En jy – jy moet my prentjies inkleur
Want jy – net jy alleen moet in my lewe gebeur 2x
Wanneer jy droom en jou gedagtes omswoom/En jy prewel iets sags in jou eie idioom
Dan wil ek jou styf teen my lyf vashou/Veilig teen die reën en die bitter van die kou
Koor 2x/As ons siele mekaar eers vind/Word ons weer opnuut met mekaar verbind
Ek en jy/Ek en jy-y-y./Koor/Ek en jy/Ek en jy-y-y

Vlam in my hart - Lyrics

Is dit hy of is dit jy, wat ek in my drome sien?/ Hy’s die een, die een wat by my spook
Is dit hy of is dit jy, wat al my liefde verdien?Jy’s die een, die een wat my hart laat kook
Hy sal my nooit verstaan/Ek wil na jou toe gaan/Jy’s die een wat my dag soos die moreson oopvou
Jy’s die vlam in my hart/My trane rol in smart/Jy’s die een wat die donker van die nag toevou
Jy’s die een wat die vlam, die vlam in my hart behou/Is dit hy of is dit jy, wat ek in my hart bly voel?
Hy’s die een, ek gaan dit net berou/Is dit hy of is dit jy, wie is vir my bedoel?
Jy’s die een, wil my arms om jou vou/Koor/Dis my verlede en my hede, wat die fool bly speel
Dis my verstand en my hart, wat my vrede steel/Is dit hy of is dit jy, wat ek in my drome sien?
Hy’s die een, die een wat by my spook/Is dit hy of is dit jy, wat al my liefde verdien?/
Jy’s die een, die een wat my hart laat kook/Koor/Jy’s die een wat die vlam,
die vlam in my hart behou !!

Wat as.. - Lyrics

Wat as dit in my kaarte is/Seën my met die Joker, en bring vir my die Jack
Wat as dit op my pad is/Seën my met die stene, en wys vir my die rigting aan
Sal die harte en spades vir my die tyd kan wen/Sal die duister pad my huistoe bring
Sal die sagte melodie my siel kan streël/Sal die ‘wat as’ dan ‘n antwoord kry
Wat as dit deel van my boek is/Seën my met die storie, en bring vir my die blaaie
Wat as deel van my prentjie is/Seën my met die kleure, en bring vir my die kontraste
Koor/Dis net as jy jou eerste tree gaan waag/Dis dan wanneer jy da ..aar..in sal slaag
Wat as dit deel my liedjie is/Seën my met die melodie, en bring vir my die woorde
Wat as dit vir my bedoel is/Seën my met die kanse, en bring vir my die invloede
Koor/Sal die ‘wat as’ dan ‘n antwoord kry/Sal die ‘wat as’ dan…….. ‘n antwoord kry

Verbeel jou - Lyrics

Verbeel jou dat ons die maan en die sterre kan raak/dat verbeelding realisme in
‘n oogwink kan kraak
Verbeel jou dat ons die kleure van ‘n reënboog kan vang/en yskoue harte
verander met sang
Verbeel jou dat ons crime met ‘n kwas kan wegverf/en elke hartseer wesie
met ‘n lollie kan bederf
Dalk as ons probeer, sal dit die deur oopbeur/verbeel jou…., ja-a verbeel jou…
Wat as almal glo dat ons rêrig iets kan doen/dat vergifnis en baie liefde,
alles kan versoen
En wat as dit alles ‘n werklikheid kan word/Verbeel jou…, ja-a verbeel jou…
Daar waar realisme en verbeelding verbind/dis net daar waar jy my hart sal vind
Verbeel jou dat ons die maan en die sterre kan raak/dat verbeelding realisme in
‘n oogwink kan kraak
Verbeel jou dat ons die kleure van ‘n reënboog kan vang/en yskoue harte
verander met sang
Wat as almal glo dat drome vlerke kan kry/dat drome en verbeelding
op wolke kan ry
En wat as dit alles ‘n werklikheid kan word/Verbeel jou/Verbeel jou/
Ja verbeel jou/Ja verbeel jou/…verbeel jou

Soos verbode vrugte - Lyrics

Hoekom is ek die laaste een oor in die ry?/Hoekom kyk Jy telke male by my verby?
Hoekom bly ek soos verbode vrugte waarvan geeneen mag eet?
Heer, het jy dalk van my vergeet?/Heer, het jy dalk van my vergeet?
Hoekom voel dit of die donker nag my hart omvou?/Hoekom voel dit of die onweer wolke
die berge toevou?/Hoekom bly ek soos verbode vrugte waarvan geeneen mag eet?
Heer, het jy dalk van my vergeet?/ Heer, het jy dalk van my vergeet?
Jy sê die liefde is geduldig/nie afgunstig nie/nie grootpraterig nie
Jy sê die liefde is geduldig/nie verwaand nie/nie liggeraak nie
Maar Heer, nog nooit het iemand my hart so aangeraak nie.
Hoekom voel ek soos sand wat in die storm wegspoel?/Hoekom weet ek steeds
nie hoe ware liefde voel?/Hoekom bly ek soos verbode vrugte waarvan geeneen mag eet?
Heer, het jy dalk van my vergeet?/Heer, het jy dalk van my vergeet?
Koor/Hoekom is ek die laaste een oor in die ry?/ Hoekom kyk Jy telke male by my verby?
Hoekom bly ek soos verbode vrugte waarvan geeneen mag eet?
Heer, het jy dalk van my vergeet?/ Heer, het jy dalk van my vergeet?
Maar Heer, hier staan ek voor Jou , op my knieë en vra.../het Jy dalk van my vergeet?

 

My Mini-cd:

Lizeth is an aspiring songwriter, passionate music lover who recently also recorded her own Mini-cd.

 

My Shows:

From time to time “live” shows are arranged to bring pleasure of afrikaans music to those resident in the smaller towns of the West Coast and surrounding areas of the Western Cape. Past shows included artists below:

 

 

 

 

Contact me via the form below if you would like to book, make a comment or if you would like to obtain notifications of future shows and events: